WP rolbal prestasie vir Hoërskool Strand
ADVERTISEMENT
Mia de Wet, ‘n gr.10-leerder van Hoërskool Strand, wat vir die WP-rolbalspan gekies is. Mia gaan tydens die Maart-skoolvakansie aan die Junior Nasionale Rolbal-kampioenskappe te Bloemfontein deelneem. Ja, rolbal is ‘n spel van strategie en vaardighede – daardie asimmetriese bal vra so te sê matematiese vaardighede om tot naby die doelbal te rol!










