Laerskool Bastion netbalafrigters het hul vaardighede opgeskerp vir 2026
ADVERTISEMENT
Laerskool Bastion netbalafrigters het hul vaardighede opgeskerp deur by van die bestes te gaan kers opsteek. Hulle het Sportisimo se netbalafrigtingskursus op 17 en 18 Februarie by Hoërskool Parel Vallei bygewoon, wat aangebied is deur dr. Elsjé Jordaan, voormalige hoofafrigter van die Proteas en die SA o.21-span, en haar kollega, Minnette Dempsey.
![]()










