Laerskool Bellville-Noord baie aktief in laaste weke na assesserings
ADVERTISEMENT
Laerskool Bellville-Noord het ‘n hele program uitgewerk vir die laaste twee weke voor die vakansie aangebreek het aangesien die leerlinge steeds by die skool moes wees (volgens WKOD bepalings) na assesserings afgehandel was. Hier is ‘n paar foto’s van enkele van ons aktiwiteite:
Braaibroodjiedag. Juffrouens Zelda Hugo (links) en Elisma Williams braai hier broodjies vir hul graad 1’s.
Die graad RR’e was baie opgewonde oor hul deelname aan hul heel eerste Kaskardag. Agter staan juffrou Jade Steenkamp.
Kaskardag (vlnr) Racquel Welman, Mnr. Jahno Geldenhuys en Dean van Rooyen. Dit was die graad 7’s se heel laaste Kaskardag van hul laerskoolloopbane.
Graad 7’s Potjieskos-aand-en-sokkie (vlnr. Isabella Krohn, Racquel Welman, Hayley Greeff en Danielle Small
Tydens ons graad 7’s se jaarlikse Rommel-mode-vertoning het ons ook ons Mnr. en Mej. Bellville-Noord aangewys. Hier is Elsje Scherer (Mej. Bellville-Noord), Luan Herselman (Mnr. Bellville-Noord), Danika Schabort (Mej. Persoonlikheid) en Keanu Pieterse (Mnr. Persoonlikheid)










