Ligbron Akademie vir Tegnologie Gr 12 Prysuitdeling
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie het afskeid geneem van hul matrieks. Die kerkdiens is gelei deur Pastoor Saretha Ferns. Daarna is die matrieks tydens hul prysuitdeling vereer vir hul harde werk. Die dag is afgesluit met die Liggies se gebnruiklike Kersdoofseremonie. Die volgende top toekennings is gemaak:
Die Ligbron Ambassadeurstoekenning is die hoogste toekenning wat ‘n graad 12 kan ontvang. Dit is hierdie jaar toegeken aan Jurgens Bezuidenhoudt. Jurgens het in sy vyf jaar by Ligbron homself onderskei as ‘n uitnemende sportman en leier. Jurgens ontvang ook ‘n toekenning vir leierskap (hy was hoofseun van 2024-2025) en word aangewys as die beste voorspeler in die eerste rugby span.
Atharv Agre
Jurgens Bezuidenhoudt
Die Dux-leerder van 2025 is Atharv Agra wat ‘n gemiddeld van 91.57% verwerf het. Hiermee ontvang Atharv ook toekennings as die beste presteerder in verskeie vakke. Hy is ook aangewys as die beste skaakspeler waarvoor hy die Ted Griffiths wisseltrofee ontvang.
Siyanda Dennison ontvang die Gideon Buhrmann wisseltrofee as sportseun van die jaar. Siyanda ontvang ook ‘n trofee vir die beste senior rugbyprestasie van die Jaar.
Kristen Lloyd ontvang die Liggie Leiertrofee as hoofmeisie van 2024-2025. Sy kry ook ‘n trofee as die beste voorspeler in die eerste meisieshokkiespan, en deel die Kraft-wisseltrofee as beste senior redenaar.
Vinasia Marx is vereer vir haar harde werk op kultuurgebied. Sy deel die Kraft-wisseltrofee as beste senior redenaar en ontvang die Phillip Constantine wisseltrofee vir die grootste bydrae gelewer op kulturele gebied gedurende haar hoërskoolloopbaan.
Kristen Lloyd
Siyanda Dennison
Die volgende graad 12’s het ook trofeë ontvang:
Sarah Bowers ontvang twee trofeë vir landloop. Sy ontvang die Booysens wisseltrofee as die beste senior landloopatleet. Sy ontvang ook die Frans Kalp wisseltrofee as die beste landloopatleet tydens Interhoër.
Thato Mogotsi ontvang ‘n trofee as die beste senior seunshokkiespeler, asook die beste agterspeler in die eerste seunshokkiespan.
- Zahra Del Cueto Martinez ontvang die Florence Cook wisseltrofee vir tweetaligheid.
- Bandile Thanjekwayo ontvang ‘n trofee as die senior Victor Ludorum.
- Ntando Sithole is aangewys as die beste dogterskrieketspeler waarvoor sy die Stefnie Odendaal wisseltrofee ontvang.
- Khensani Mkhonto word vereer vir die grootste bydrae gelewer in netbal tydens haar hoërskoolloopbaan.
- Lethi Ngwenya ontvang die Kobus Stander wisseltrofee as die beste agterspeler in die eerste rugbyspan.
- Tineruvimbo Mukaro, Siphumelele Gwebu, Saneliso Kubheka ontvang erekleure vir 12 jaar 100% skoolbesoek.
- Lannique Graham ontvang die Graham wisseltrofee vir Landsdiens.
Vinasia Marx
Die Liggies is trots op hierdie matrieks wat vanjaar die pas aangegee het en wens hulle alle sterkte vir die toekoms toe.










