Hoërskool Witteberg leerders wen ATKV debat
ADVERTISEMENT
Op 4 Augustus by Goudini in Worcester het Hoërskool Witteberg se junior debatspan met die kroon gespog as algehele wenners die ATKV-Debat Landsfinaal – nommer 1 in die land! Boonop is Gerhard Nel bekroon vir beste taalgebruik. Ons senior span het ’n wendebat teen die Affies-seuns gevoer en uitstekende debatvoering gelewer, maar ongelukkig nie die Top 3 gehaal nie. Hierdie uitsonderlike prestasie plaas Witteberg op die nasionale debatkaart, en ons is ongelooflik trots en dankbaar vir ons leerders se harde werk.












