Ligbron Akademie vir Tegnologie o.14 seunshokkie skop liga af met oorwinning
ADVERTISEMENT
Ligbron se O/14 seunshokkiespan het hul eerste hoërskool liga wedstryd teen Hoërskool Secunda oortuigend gewen.
Die Liggies, wat die voordeel van hul tuisveld gehad het, het die wedstryd 3 – 0 gewen. Die wedstryd was hul eerste kragmeting in die Gert Sibande liga. Die span se goeie samespel het dit moontlik gemaak vir Letho Maseko en Mpilo Zulu om elk ‘n doel aan te teken. ‘n Strafhou is aan Ligbron toegeken omdat Secunda herhaaldelik spel afgebreek het in die sirkel. SD Mulder het verseker dat hierdie hou nog ‘n punt by die span se telling voeg.
Die skool is baie trots op hierdie jong spelers se prestasie en sien met verwagting uit na die res van die seisoen.
![]()










