Hoërskool Volksrust leerder behaal brons by SA Padfiets Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Danél de Jager, ‘n Graad 11-leerder van Hoërskool Volksrust, het weereens bewys dat sy ‘n krag is om mee rekening te hou in padfietsry. Sy het die bronsmedalje verower in die 110 km-padwedren by die SA Road Championships in Midvaal in die o.19 (Junior) kategorie. Hierdie prestasie is ‘n bewys van haar deursettingsvermoë en harde werk op die fiets. Met sterk kompetisie het sy uitstekende taktiese insig en uithouvermoë getoon om ‘n welverdiende derde plek te behaal. Hoërskool Volksrust is trots op Danél se prestasie en wens haar alle sterkte toe vir haar toekoms in die sport!
![]()










