Gekombineerde Skool Koffiefontein was goed verteenwoordig by vanjaar se vaardigheidskompetisie
ADVERTISEMENT
Gekombineerde Skool Koffiefontein was weereens baie goed verteenwoordig by vanjaar se vaardigheidskompetisie aan die begin van Augustus. Die kompetisie was straf, maar nietemin het ons drie deelnemers gehad wat deurgedring het na die provinsiale kampioenskappe aan die einde van Augustus.
Mnr Willemse, Mnr. Lemmetjies en Luandre in gr 11 het ons en die Xhariep distrik verteenwoordig in Bloemfontein by die provindiale kampioenskappe wat oor drie dae gehou is. Weereens is daar bewys da tons die trots van Xhariep is deur, elk van ons deelnemers geplaas het onder die beste drie in Vrystaat in hul onderskeie disiplines.
- Mnr. Lemmetjies het ‘n pragtige eerste plek behaal in konstruksie.
- Luandre het ‘n tweede plek verwerf in motorkunde met ‘n baie goeie 92.7%.
- Mnr Willemse het naelskraap ‘n derde plek verower met slegs 1.8% wat die eerste drie plekke geskei het.
‘n Geweldige aplous aan hierdie deelnemers wat ons skool se naam met trots hoog gehou het.













