Hoërskool Waterkloof Hengelaars uitslae
ADVERTISEMENT
Tydens die Gauteng-Noord Varswaterhengel prysuitdeling wat plaasgevind het, het Hoërskool Waterkloof hengelaars die volgende pryse ontvang:
- MJ Mostert ontvang drie goue medaljes vir algehele eerste plek, vir die meeste vis (36) gevang en swaarste sak (34kg) tydens die skole ligas.
- Christo Bester ontvang ‘n silver medalje vir algehele prestasie.
- Francois Rusch ontvang ‘n brons medalje vir algehele prestasie.
Span uitslae:
- 1ste plek: Waterkloof Blou met 282 punte (Christo Bester; MJ Mostert; Rikus van Rensburg; Hanru Hills; Quinton Janse van Nieuwenhuizen en Altus Steenkamp)
- 2de plek: Waterkloof Geel met 252 punte (Kyle Lambert; Lehan Van der Merwe; NJ Kruger; Shaun Rusch en Francois Rusch)
Die jonge dames ontvang die volgende in hulle kategorie:
- Carissa van Staden ontvang ‘n silver medalje vir algehele 2de plek en ‘n goue medalje vir die meeste vis gevang (27) tydens die skole liga.
- Die jonge dames span, Carissa van Staden en Lucia Olivier, ontvang ‘n silver medalje vir hulle pragpresasie tydens die skole liga.
Hoërskool Waterkloof is ongelooflik trots op die pragprestasies van die Klofie-hengelaars wat hulle tydens die Gauteng-Noord skole liga behaal het. Dankie ook aan Hoërskool Waterkloof toegewyde afrigters, bestuurders en ons ondersteuners wat ons hengelaars aanmoedig en bystaan.


















