Merensky Landbou Akademie hengelaar verteenwoordig SA oorsee
ADVERTISEMENT
Campbell gaan visvang in Bosnië en Herzegovina. Knap gedaan, Campbell Mclean! Hierdie graad 10 leerder van Merensky Landbou Akademie is nou ‘n trotse Protea hengelaar. Hy is deur SAFFA (South African Fly Fishing Association) gekies om Suid-Afrika by die twintigste FIPS MOUCHE CORTLAND Wêreld Jeugkampioenskap BiH (Mostar) vanaf 19 tot 24 Julie in Bosnië en Herzegovina te verteenwoordig. Sterkte aan Campbell, as jongste spanlid, met sy voorbereiding vir hierdie groot uitdaging.













