Hoërskool Durbanville gee stem aan stemloses
ADVERTISEMENT
Hoërskool Durbanville is trots op die 7 Durbies wat deel was van ’n uitgesoekte groep van die Tygerberg Kinderkoor wat ingesluit was in die produksie, UNBROKEN. Tydens die afgelope vakansie het hulle oor die twee weke deelgeneem aan 8 volgepakte konserte in Duitsland en in Nederland.
Hulle was deel van hierdie uittreik geleentheid en bewusmaking veldtog van MosaicSA vir kwesbare en ouerlose kinders van Suid-Afrika.Die kinders was werklik ambasadeurs vir Durbanville en Suid Afrika!
Hanja Tredoux, Nina Wiegand, Annica le Roux, Ean Joubert, Maya Enslin, Simone Freeman en van Laerskool Durbanville: Ingke Marren. Hier is die skakel na die amptelike webruimte: “Unbroken – Mosaic South Africa (Europe Tour 2026)












