Ligbron Akademie vir Tegnologie Hengelaars Presteer
ADVERTISEMENT
Vier Ligbron Akademie vir Tegnologie hengelaars is gekies om Noord-Oos Mpumalanga by die Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie (SAVOL) se Junior Kampioenskappe te verteenwoordig. Wynand du Toit en Leané van Zyl is gekies vir die werpspanne. Wynand doen kolgooi op 80m en 100m, terwyl Leané kolgooi op 80m doen. Beide van hulle doe nook werpgooi. Hulle neem op Saterdag 21 Junie deel aan die SAVOL Kol- en Werpkampioenskappe by die Hoërskool Anker in Brakpan.
Wynand en Leané is ook saam met Ruan Harley en Charles Meyer gekies vir die hengelspanne wat aan die SAVOL Junior Kampioenskappe gaan deelneem. Hierdie kampioenskappe vind van 6 – 10 Desember by die Bloemhofdam plaas.
Charles Meyer, Wynand du Toit, Leané van Zyl en Ruan Harley.










