Hoërskool Framesby hou musikale fees op Hemelvaart
ADVERTISEMENT
Op Donderdagaand 9 Mei het die Musiekdepartement ‘n musikale fees van klanke opgetower. Die aand is geopen met ‘n kort boodskap vir Hemelvaartdag. Daarna het die gehoor hul verluister aan die soet klanke van die orkes, koor en vele soliste. Elkeen van die deelnemers het pragtig gespeel en gesing en kan trots wees op hul vertoning. Baie van die graad 8- en 9-leerders se eerste optrede voor ‘n groot gehoor. Ons sien alreeds uit na volgende kwartaal se musiek-geleentheid.
Fantasia Koor het weer n optrede tydens die Musiekaand gehad. Dankie vir jul genotvolle sang! Baie dankie aan al die volgende soliste:
Kate Gough -Glockenspiel
Zané Pieters
Megan Stopforth
Elné Havenga
Liana Serfontein
Marie-Louise Strydom
Lara Nell
Kayla Hayzel
Matthew Grebe












