Bethlehem Voortrekker se voortrekker presteer
ADVERTISEMENT
Bethlehem Voortrekker se voortrekkers Lezé Serfontein het gedurende 9 tot 13 Julie 2023 die Nasionale Presidentsverkenner-afrondingskamp in Graaff-Reinet bygewoon. Ten spyte van die sneeu en die koue, het hulle die geskiedkundige dorp verken, ‘n verskeidenheid sessies bygewoon en talle vaardighede ontwikkel. By die formele dinee is sy aangewys as die kandidaat met die 4de hoogste teoretiese punt in die land. Hierdie kamp was die laaste vereiste om die titel van Presidentsverkenner te verwerf. ‘n Baie groot prestasie![]()










