Hoërskool DF Malan-leerders verwerf Presidentsverkennertoekennings
ADVERTISEMENT
Vier DF Malan-leerders het onlangs die Presidentsverkennertoekenning van die Voortrekkers verwerf: Anelia Geldenhuys, McKenzie Pedro, Megan Smit en Zander Taljaard.
Lede van Die Voortrekkers in Graad 12 verwerf dié Nasionale Presidentsverkennertoekenning nadat hulle aan die vereistes van die Presidentsverkennerproses voldoen het. Die proses sluit in die bywoning van ‘n sekere aantal gebiedskampe, die suksesvolle voltooiing van ‘n sekere aantal spesialisasies en take, goeie getuigskrifte van die skool, kerk en Voortrekkerkommando en ‘n vereiste aantal jare diens in Die Voortrekkers. Tweedens, die slaag van die Nasionale Presidentsverkenner teoretiese eksamen wat in Aprilmaand geskryf is. Derdens die suksesvolle voltooiing van die Nasionale Presidentsverkenner webinaar wat vanaf 8 – 10 Julie 2022 aangebied is. Baie geluk aan elkeen van hierdie leerders.
Zander, McKenzie, Megan en Anelia










