Hoërskool Bredasdorp dogterskrieketspan klop Hermies oortuigend
ADVERTISEMENT
In ‘n spannende wedstryd het die Hoërskool Bredasdorp-dogterskrieketspan die afgelope week vir Hermanus op laasgenoemde se tuisveld gewen. HSB het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle teken 117/8 in20 overs aan. Hermanus kon slegs 76/8 in hul 20 overs aanteken. Die BD’s het met 41 lopies die wedstryd in hulle guns beklink.
Agter vlnr: Ina-Mari Augustyn. Junicke Newman, Karla Bailey, Anelmari van Niekerk, Cailin Coad, LZ du Toit, Aimee Swart, Kayla McKinnon, Renske Lottering Voor vlnr: Deseré Fouché, Kyla Louw, Fayannette Kruger, Mirrah Janse van Rensburg, Anina Treurnicht, Emma Bester










