Hoërskool Ermelo verwelkom nuwe direkteur van sport
ADVERTISEMENT
Die Erries is met reg opgewonde om meneer Rudy Joubert te verwelkom as die nuwe direkteur van sport by Hoërskool Ermelo. Meneer Joubert spog met ’n indrukwekkende CV wat getuig van talle suksesse wat hy reeds behaal het in onder andere sy rugby loopbaan.
Hy was onder andere sportorganiseerder by die Universiteit van Pretoria (Joubert se Alma Mater), die direkteur van afrigting by die Transvaalse Rugby-Unie, asook die Suid-Afrikaanse Rugby-Unie, tegniese raadgewer tydens die 1995 Springbok-wêreldbeker-oorwinning, hoofafrigter van Namibiese wêreldbeker-span, assistent-afrigter van die Springbokke wêreldbeker-span, hoofafrigter van verskeie spanne (Springbokke, Cardiff Heineken Cup, Bulls Super Rugby, Valke Curriecup en Pukke Varsity Cup) en die direkteur van rugby vir die Valke se professionele span.
Rudy Joubert
Hy is die medeskrywer van die Suid-Afrikaanse vlak een en twee nasionale rugby afrigtersgids van 1997 en 1998, het ’n voorlegging gedoen vir die Ses Nasies-afrigters tydens ’n internasionale afrigtingskonferensie in Rome en het ’n groot hoeveelheid afrigtingskursusse regoor Suid-Afrika gedoen. Sy doelwit is om ’n groot bydrae te lewer by die skool se afrigtings- en opvoedingsvaardighede. Baie welkom, meneer Joubert. Die EHS wens u voorspoed toe by die Erries en glo dat Hoërskool Ermelo ook op u ’n groot impak sal maak.










