Laerskool Goedehoop groet personeellede
ADVERTISEMENT
Laerskool Goedehoop neem ons afskeid van ʼn steunpilaar doe skool, Mnr. Philip Meyer. Hy was verbonde aan Laerskool Goedehoop vir 16 jaar en in hierdie tyd het hy hom onderskei van die res. Alles wat hy aangepak het, was met passie gedoen. Mnr. Philip was die breinkind agter Laerskool Goedehoop se deelname aan die Super 12. Deelname aan hierdie kompetisie het Goedehoop van die ander skole onderskei, en is bewys dat Goedehoop nie sy gelyke het in die omgewing op sport- en kultuurgebied nie. Mnr. Philip het ook hom goed onderskei as ʼn leier wat die vermoë het om mense byeen te bring, en enige projek met sukses te voltooi.
Op buitemuurse gebied is Mnr. Philip ʼn strateeg duisend. Baie jong manne kan getuig uit die waardevolle lesse wat hulle geleer het deur saam met hom af te rig. Die deugde wat uitstaan is egter Mnr. Philip se hart vir kinders. Hy is ʼn mense mens wat verby die uiterlike kan kyk en die hart van die kinders kan sien. Aansien speel by hom geen rol nie, die kinders se welstand kom eerste.
Die skrywer Peter Clark skryf die volgende:
There goes a man of conscience vast,
With the will to reach his goal.
There goes a man of lordly rank,
Of heroe’s stock and soul.
There goes a man of noble caste,
Whom hardship cannot break.
There goes a man in merit clad,
Whom duty won’t forsake.
Mnr. Philip is voorwaar ʼn man wat baie gemis gaan word in ons gemeenskap.
Mnr. Philip word gevolg deur sy vrou Juf. Janetta. Die twee mense is vir ons ʼn uitstekende voorbeeld van hoe ʼn span saam sukses behaal. Die presisie waarmee Juf. Janetta haar taak voltooi het, is vir vele ander ʼn voorbeeld.lede Sy het haarself onderskei as ʼn besonderse onderwyseres en afrigter wat sterk leiding onder die personeel kon neem.
Hierdie twee mense is ʼn formidabele span wat groot leemtes agterlaat maar ons weet hul voetspore sal vir lank nog in Goedehoop se hart bly staan. Ons wens hulle net die beste toe waar Mnr. Philip gaan dien as die nuwe hoof van Laerskool Marble Hall.
![]()










