Hoërskool Ermelo wintersport speel wedstryde teen Hoërskool Ferrum
ADVERTISEMENT
Op Saterdag, 4 Maart, het die Hoërskool Ermelo se dogtershokkie, netbal en rugby te staan gekom teen Hoërskool Ferrum.
Die dogtershokkie was vriendskaplike wedstryde en al Hoërskool Ermelo se spanne wen hul wedstryde:
Die o.14A-span wen 1-0, die o.15A-span wen 2-1, die o.16A-span wen met ’n besondere 15-0, die tweede span wen met 5-0 en die Hoërskool Ermelo Zuidvaal Eerste span dogtershokkie wen met een doel teenoor nul.

Helené Lotz
Op die netbalbane het die Hoërskool Ermelo gemengde welslae ervaar in hul vriendskaplike wedstryde:
o.14A wen 16-8, o.14B verloor 4-20, o.15A verloor 5-19, o,15B wen 9-8, o.16A wen 20-7, die tweede span wen 13-11 en die Hoërskool Ermelo KS Clothing Eerste span verloor 30-31.

Jemé Potgieter
Die rugby se wedstryde was ligawedstryde en die Hoërskool Ermelo se uitslae is as volg:
Die o.14A’s wen 40-7, die o.14B’s verloor 12-29 (teen Hoërskool Piet Retief), die o.15A-span wen met 49 teenoor 26, die o.15B’s verloor 19-22, die o.16A-span wen met ’n uitsonderlike 73-21, die tweede span wen 15-6 en die Hoërskool Ermelo TWK Eerste span verloor 41-47.

Nicolas Stey
Baie geluk aan al die spanne wat die Erries keer op keer trots maak!









