HS Ermelo onderwyser word vereer met Meestersgraad
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo is besonder trots op Ds. Marius Smit wat sy Meestersgraad onlangs voltooi het.
Hy is sedert 2005 verbonde aan Hoërskool Ermelo. Marius het homself onderskei in terme van digitale vaardighede waaroor ‘n individu moet beskik in die realisering van sy potensiaal. Hy handel sy BEd.Honneurs in 2017 af en begin in 2018 met die eerste aanlyn MEd in Opvoedkunde aan die Universiteit van Johannesburg.
Marius gradueer in die MEd met die verhandeling: “How students in an online MEd programme transfer their learning to their digital practices”. Marius het hom as spesialis in Informasie en Kommunikasie Tegnologie bekwaam om leerders en personeel hierin te bemagtig.
Baie geluk, Mnr Smit. Dit is ’n besondere prestasie en is ‘n bewys van harde werk en opoffering.













