Boekekarakters wys hul gee om vir Laerskool Bellville-Noord Koskas
ADVERTISEMENT
Boekekarakters wys hul gee om. Vrydag, 30 September, kon die leerlinge van Ls Bellville-Noord soos enige boekekarakter aantrek ten bate van ons skool se Koskas. Daar was werklik ‘n paar wonderlike kreatiewe karakters wat opgedaag het. Hul het in ruil vir die geleentheid (om so te kon aantrek) nie-bederfbare kos aan die BN Koskas geskenk. Die Koskas is vir ‘n hele paar gesinne ‘n ligpunt in ‘n donker tyd sedert Covid se inperkingstydperk.















