LS Vredekloof skenk 203 skoendose vir die Santa Shoebox-projek
ADVERTISEMENT
Die Laerskool Vredekloof-gemeenskap se harte is gevul met dankbaarheid soos ons die 203 skoenbokse oorhandig vir hierdie projek. Dit is ‘n projek waarna die leerders, ouers en opvoeders jaarliks uitsien. Hierdie bokse is gevul met noodsaaklikhede, liefde en bederfies om families te help om die feesseisoen in te gaan. Ons wil hartlik baie dankie sê aan elke individu wat ‘n bydrae gelewer het om hierdie projek so suksesvol te maak en hulle harte oopgemaak het.










