8ste In die land vir Oranje Primêr se onder 13A-netbalspan
ADVERTISEMENT
Die o.13A-netbalspan van Primêre Meisieskool Oranje het 25 -26 Julie aan die SA Nasionale Skole Netbalkampioenskap te Pietersburg gaan deelneem.
- Oranje wen teen Oranje Noord 9-6
- Oranje verloor teen Chelsea 3-7
- Oranje wen teen Iguguletho 14 -4
- Oranje wen teen Saxonsea 11-5
- Oranje wen teen Zibkwane 18-3
- Oranje eindig eerste in hulle poel op dag 1 en speel uit vir nommer 1 tot 16:
- Oranje wen teen Glenwood 10-6
- Oranje verloor teen Ribeeckstrand 6-10
- Oranje verloor teen Fairland 4-10
- Oranje verloor teen Vastrap 6-8
Netbal van die hoogstaande gehalte was gespeel en van die wedstryde was baie spanningsvol en het die dogters hard gespeel om hul staal te wys.
Baie geluk aan elke dogter wat haar hart uitgespeel het en aan mevv. Natasja Geyer (afrigter), Marida Myburgh (skeidsregter) en Chandriné Jones (spanbestuurder). Dankie vir juf Adrie (skoolhoof) wat saam getoer het, asook al ons ouers wat die dogters ondersteun het langs die baan!
Om in die top 8 in elke ouderdomsgroep te eindig, in die land, is ‘n ongeloooflike groot prestasie.Oranje is trots op ons kinders en ons juffrouens!















