2 Leerders van Worcester-Noord Primêre Skool het die Worcester Gimnasium Junior Masterchef kompetisie gewen
ADVERTISEMENT
Ons is baie trots om aan te kondig dat twee van ons Noordjies, Anrich Swiegers en Adriaan Lee (The A-Team), het die Worcester Gim junior masterchef kompetisie gewen het. Hul kookvernuf het in die uitdunrondes alreeds die beoordelaars beïndruk en met gisteraand se spyskaart, was dit sonder twyfel weer dieselfde resultate. Hulle moes hoenderborsies in krummels voorberei, asook botterskorsie-bruleé, met spinasie en sampioene. Hierdie is waar hulle finaal die beoordelaars se harte gewen het. Anrich Seiegers het ook die prys vir mees belowende kok gewen. Ons is baie trots op hulle.










