Uithouritte prestasies vir Bethlehem Voortrekker Hoërskool
ADVERTISEMENT
Bethlehem Voortrekker Hoërskool ruiter AJ Myburgh voltooi die Fauresmith 206 km uithourit in die swaargewigklas en eindig 20ste van 49 ruiters. Hy ontvang die trofee vir die swaarste ruiter, 131kg met sy saal, om Fauresmith te voltooi. AJ kry ook die trofee vanaf die Veeartspaneel as ruiter wat die mooiste na sy perd gekyk. Hul was ook die meeste beīndruk met sy ruiterskap. Daar was 310 perde ingeskryf. 277 het weggespring en slegs 130 het klaar gemaak.
Twee niggies, Nicolene Arangies en Anné Nel, het saam deelgeneem aan die Faurismith uithourit gedurende die Julievakansie. Anné het vir die Vrystaat B- span gery en Nicolene was ‘n reserwe vir die span. Beide het die uitdagende uithourit voltooi en onderskeidelik 17’e en 18’e geëindig in die junior ruiterkatagorie.

Nicolene Arangies, AJ Myburgh, Anné Nel
Maronè Borman het aan Faurésmith uithourit deelgeneem en het dit suksesvol voltooi. Sy is ook gekies vir die Vrystaatse Junior A-span. Hulle het goud gewen in hul afdeling.










