Tweede kwartaal hoogtepunte vir Laerskool Durbanville
ADVERTISEMENT
Tweede kwartaal hoogtepunte vir Laerskool Durbanville.
Rugby
Cobus Dickason is in die WP Cravenweekgroep opgeneem.
Redenaars
Simon Viljoen het deurgedring na die Nasionale Finaal van die Oppietong Af-redenaarskompetisie. DIt vind in Oktober in Pretoria plaas. ‘n Rekordgetal sprekers van ons skool het vanjaar na die semi-finale ronde van die ATKV-redenaarskompetisie deurgedring. Dit het op 18 Mei by Hoërskool Bellville plaasgevind.
Voor van links na regs: Christoff Els, Robert Harris, Sion Coetzee, Simon Viljoen Agter van links na regs: Nicola Koen, Dané Morkel; Saskia Cloete; Anouk Gerber, Amelie Lubbe
Nog ‘n eerste in die geskiedenis is dat die Top 3 in die Wes-Kaap (graad 6 &7) almal van ons skool kom. En 6 uit die Top 10 is in Laerskool Durbanville!
- Dané Morkel 1ste
- Anouk Gerber 2de
- Saskia Cloete 3de
- Simon Viljoen 4de
- Sion Coetzee 6de
- Robert Harris 10e
Dané, Anouk en Saskia gaan op 16 Augustus in Rustenburg aan die Nasionale Finaal deelneem. In die graad 4 en 5-kategorie het Christoff Els ‘n 4de plek behaal.
Netbal
Ons o. 13A-span het 23 -28 April aan die Wildeklawer-sportbyeenkoms deelgeneem. Hierdie fantastiese span het ‘n derde plek behaal. Voor links na regs: Christelle Vancoillie (afrigter) Melandi Smit; Liza Mostert, Lara Nothnagel; Makenzie Rolfe, Rochelle Loubser (afrigter) Agter van links na regs: Lianell Groenewald; Mila Freemantle; Miah Welsh; Cayla Fourie; Minette Retief; Mila Morkel )
3 van ons spelers is in hulle onderskeie Wes-Kaapspanne opgeneem. Van links na regs: Charné Tiemie (o.12), Lianel Groenewald (o.13) en Jani Schultz (o.12)
5 spelers is in die onderskeie Cape Town Primary Schools Netball-spanne opgeneem. Agter van links na regs: Minette Retief (o.13) en Karli van der Merwe (o.12) Voor van links na regs: Kayla Boshoff (o.12) en Milan Orchard (o.12)
Afwesig: Annebelle Louw (o.12)
Hockey:
Troy Loots (U13) has been selected to be part of the WP Hockey Team.
Digkuns
Huibré van Zyl is ‘n baie talentvolle digter en twee van haar gedigte is in die digbundel, “The Vegan Vampire”, gepubliseer.










