Hoërskool PJ Olivier kwartaal 2 hoogtepunte
ADVERTISEMENT
Hoërskool PJ Olivier kwartaal 2 hoogtepunte. Koor: Vir die eerste keer in meer as 10 jaar het Hoërskool PJ Olivier ‘n volledige koor, wat alreeds hul eerste vertoning agter die blad het!
![]()
Rugby. Ons o.13-rugbyspan is sover onoorwonne hierdie seisoen! Hulle vaar uitstekend met goeie sportmanskap en integriteit. Hul afrigter, Mnr. Stefan Gerber, is trots op hoe hulle groei, sy raad volg en hulle harte uit speel met elke liewe wedstryd, en selfs by die oefeninge.
![]()
Kultuur: Die matrieks is hard aan die werk met hulle Visuele Kuns en Ontwerp projekte.
Die Pikkies-klasse (graad 00, 0 en R) vaar uitstekend met skeppende kunswerkies, legkaarte, leesvaardighede en sosiale vaardighede.
Die Rhino-bots Robotika-klub se robotte is al gebou en geprogrammeer om instruksies te volg. Die klub het opleiding ontvang en kom twee keer per week bymekaar om aan hul projekte te werk.
Tukela Seyisi, Grade 10, was selected as part of the Eastern Cape Province Team of Public Speakers. His topic was “Museums, sustainability and well-being”. Tukela was congratulated by the DSRC MEC Nonceba Kontsiwe on gaining 2nd position. Tukela won a flight to Cape Town for sightseeing and a visit to Robben Island with only two other Eastern Cape speakers to present their speeches there.










