Sishen Primêr se Graad R-leerders praat mondeling
ADVERTISEMENT
Sishen Primêr se Graad R-leerders het hul eerste mondelinge aanbieding gedoen met die tema “Alles oor My.” Die doel van hierdie aktiwiteit was om hul selfvertroue te bou en hulle aan te moedig om voor ander te praat.
Die leerders moes ’n plakkaat maak en oor hulself vertel – soos hul naam, ouderdom, waarvan hulle hou en hul gunsteling dinge. Hulle het dit baie geniet, al was sommige ’n bietjie uitgestres. Party het selfs gesê: “Juffrou, dit voel baie anders as wanneer ek elke dag voor my maats tel of ’n storie vertel.” Ons is baie trots op elke leerder se poging en hul dapperheid om voor die klas te praat. Dankie aan die ouers wat hul kinders ondersteun en gehelp het met die voorbereiding.
![]()
Skoolnuus in jou area word met trots geborg deur CC Steelworks & Mining Supplies
![]()










