Rugby spanfoto’s – Hoërskool Rustenburg
ADVERTISEMENT
Hier is die Hoërskool Rustenburg se rugbyspanne wat gaan speel in die 2022 sportdag tussen Hoërskool Rustenburg en Hoërskool Montana. Ons gesels ook met die eerstespan afrigter Naas Olivier:
Wat kan ouers en skool hierdie jaar te wagte wees van julle span?
Dat ons seuns met trots en passie vir die skool se trui sal speel, asook vir die gemeenskap wat hierdie jong manne verteenwoordig. My verwagting is dat elke speler `n rolmodel sal wees vir jong opkomenede Rusties en die 100 jaar eeufees-trui ʼn spesiale een sal maak.
Waar lê julle krag hierdie jaar?
Ons het saam as ʼn groep besluit dat een van ons kern beginsels vir 2022 eenheid sal wees. Eenheid in hoe ons lyk op, en van die veld af. Hoe ons optree, praat en ons hele menswees word ingesluit. Dit alles sal bydrae tot eenheid op die veld.
Wat is die moelikste aspek van skole afrigter se taak?
Die lekkerste en moeilikste aspek is dat jy met kinders werk. Opvoeding en dissipline is `n daaglikse taak. Elke kind se omstandighede verskil en ek, as afrigter, wil graag my taak as opvoeder met die nodige empatie, asook ondersteuning uitvoer. Om hierdie balans te vind is nie maklik nie.
Skole rugby word al hoe sterker, waarom sou jy sê is dit so?
Ek sal hierdie vraag in drie dele beantwoord. Eerstens, word skolerugby op baie bene semi-professioneel bedryf. Die seuns se kondisionering en eetprogramme word fyn gemonitor deur professionele kondisioneerders. Die eindproduk is atlete wat sterker en groter word met die kapasiteit om 70 minute lank te presteer. Tweedens, verkry die spelers al hoe meer blootstelling deur direkte uitsendings op verskeie platforms. Toernooie soos die Wildeklawer en Noord-Suid bring mee dat die wen-element ongelukkig prioriteit geword het. Skole “rankings” kom weekliks uit wat die kompetisie aanhuts. Hierdie motiveer afrigters, sowel as die spelers.
Derdens is daar kwaliteit afrigting wat terugploeg in skole rugby. Behalwe vir legendariese onderwysers wat al meer as 30 jaar afrig, is daar oor die land jong ervare afrigters wat hulle brood en botter in skole verdien. Daar is toegang tot `n magdom inligting op die internet en afrigters het tydens Covid ook heelwat met mekaar begin inligting deel, wat nie in die verlede die geval was nie en dit verbeter die afrigting op skolevlak.
o.19 A

Adriaan Liebenberg

Adriaan Young

Ashwill Coetzee

Carlo van Wyk

Drikus Bisschoff

Eduard Siemens

Geo Barnard (Kaptein)

Hanco Stone

Henk de Neys

Hugo van Niekerk

Jaydin de Fortier

Johan Retief

Junior Finger

Kelvin Grunewald

Leander Liebenberg

PJ Engelbrecht

Reuben Delport

Ruben Labuschagne

Stephan van Niekerk

Sybrandt Byleveldt

Werner Kinnear

Wilrich von Moltke

Zander Hechter

Zander Kruger
o.19 B

RHS 2de Rugbyspan (die Ficus) (van links na regs) Regardt Cloete, Ruben Labuschagne, Tjaart Pelser, Tertius Bosch, Hendre Viljoen, Rey Venter, JC du Randt, John Cocklin, Tristan de Jager, Jacques Naude, Tommie Fouche, Zander Hechter, Ash Coetzee, Tokelo Pilane, Damin Drake, Hanco Stone, Niel Malan, Henco Pieterse, Johan Retief
o.16A

RHS o. 16 A Rugbyspan (van links na regs) Rohan Roux, Tiano Combrink, Adriano George, Johandre Jansen van Rensburg, Ian van Brakel, MC Smith, Hendrico van Heerden, Colin Cooper, Henco Raath, Pedrie Human, Edrich Potgieter, Marko Jansen van Rensburg, Conraad Coertzen, Xander Benedetti, Keathon van Aswegen, Duan Niewenhuizen, JD Roos, Logan Snyman, Lorenzo Snyers, Marius Coetzee, Zulu Khumalo
o.15 A

RHS o. 15 A Rugbyspan:(van links na regs) Marcel Vets, JP Cronje, Phillip Viljoen, Carel Schoonraad, Luan van der Sandt, Andreas du Toit, Dirk Huysamen, Mario Demetriades, Janco Pretorius, Jan Paul Nel, Ockert Grobler, Regardt Dietrich, Mighael Minnaar, Xavier Steenkamp, Fano Theron, Hendre Robinson, Ryan Lottering, Wesley van Loggenberg, Damion Terblanche, Alwyn Retief.
o.14 A

RHS o. 14 A Rugbyspan
(van links na regs) Wilroe de Beer, Ricardo Enos, Lian Boshoff, CJ Havenga, Wilcu Roos, Callie Fryer, Carel Coetzee, Tiardt Volschenk, Tiaan Labuschagne, Ruan Prinsloo, JJ Steenkamp, Donovan Mostert, Henrico van Aswegen, Evan van Heerden, Pieta Niemandt, Kyle Erasmus, Reuben Niewenhuizen, MJ Otto, Jayden Minnie, Marais Rocher, Franco de Beer









