Noord-Suid Rugbytoernooi: AWSUM gesels met Paul Roos Gimnasium se Afrigter
ADVERTISEMENT
Hoor wat sê die afrigter Corné Huys van Paul Roos Gimnasium wat die naweek aan die Noord-Suid rugbytoernooi gaan deelneem.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span? Ek dink hulle kan `n span verwag wat hulle skool ongelooflik trots sal maak in die manier hoe hulle hulself gedra op en van die veld af en `n span wat altyd vir mekaar sal speel, altyd die span eerste sal sit en sal speel en uithou tot die einde.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ek dink ons krag lê in ons span en in ons span gees en die feit dat die outjies nie individueel speel nie maar vir mekaar.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak? Ek dink die uitdaging is altyd om vir die seuns `n holistiese benadering te gee, om regtig vir hulle ontwikkeling te gee in al die aspekte, nie noodwendig net die rugby nie, maar soos `n skool in sy akademie en sy persoonlike en karakter ontwikkeling. Om dit saam in `n rugby verband te doen, is die uitdaging of iets waarna ons almal streef.
Skole rugby word al hoe sterker, waarom sou jy sê is dit so? Ek dink dis maar met die eindproduk wat al hoe sterker raak en jy sien al hoe meer professionele spanne, al hoe meer geld, al hoe meer TV regte. So, hoe groter die produk buite raak, hoe harder en verder druk dit af na grass route levels toe.
![]()










