Noord-Suid Rugbytoernooi: AWSUM gesels met Hoërskool Durbanville se Afrigter
ADVERTISEMENT
Hoor wat sê die afrigter Peter Schutte van Hoërskool Durbanville wat die naweek aan die Noord-Suid rugbytoernooi gaan deelneem.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span? Ek dink dit is vanselfsprekend dat elke seun die skool met trots sal verteenwoordig omdat hy sy skool se eerstespan verteenwoordig. Die skool betree ‘n nuwe era met ‘n nuwe afrigtingspan, wat altyd ‘n ander dinamika sal bring.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons het nie van jaar sterspelers wat uitstaan nie. Die seuns sal as ‘n groep/span moet sterkstaan teen die groter skole.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak? Die grootste uitdaging in skole rugby op die oomblik is die 2 jaar gaping waarmee Covid ons gelos het. Die agterstand van vaardighede en kondisionering moet in ‘n baie kort tydjie opgevang word.
Skole rugby word al hoe sterker, waarom sou jy sê is dit so? Skole rugby word al sterker omdat dit meer professioneel word.










