Mnr en Mej Hoërskool Strand 2026
ADVERTISEMENT
Op 24 Maart 2026 het 24 pragtige finaliste hul talente en persoonlikheid met die tema, Vintage Circus, tentoongestel. Die finaliste het in dagdrag en aanddrag die beoordelaars se taak verder bemoeilik. Talentvolle sangers (Christine Kok, Lucian Julies, ons eie juffrou Phebe Burger, Ryan Hurst en ons Besigheidmeneer, Henco Hunter) het die gaste tussen-in vermaak. Radio-omroeper, Francois Boyce, was ‘n ware gasheer vir die aand en het ons gaste met humor en musiek vermaak.Baie geluk aan al die wenners!

Mej. Hoërskool Strand: Larné Arendse
Mnr. Hoërskool Strand: Rohan Bezuidenhout
Eerste prinses: Karli van der Merwe
Eerste prins: Christiaan van Rooyen
Tweede prinses: Cassidy Lubbe
Tweede prins: Ewald Schrade
Mej. Fotogenies: Amoré Lottering
Mnr. Fotogenies: Rohan Bezuidenhout
Mej. Persoonlikheid: Chené Myburgh
Mnr. Persoonlikheid Cloete de Jager
Mej. Deurlopend: Lia Louw
Mnr. Deurlopend: Ruben van der Westhuizen
Baie baie dankie aan ons Debutant van 2026, Nicole Erasmus, wat die meeste ingesamel het vir ons skool se liefdadigheidsklub, Ti amo.
Baie dankie aan ons beoordelaars, wat die belangrikste taak van die aand verrig het: Marí Kemp, Toufeeq Brinkhuis,Lee-ann le Roux, Aneen Walser en Franko Stevens.










