Mnr. en Mej. Bellville-Noord 2022 aangewys na informele rommelmodevertoning
ADVERTISEMENT
Laerskool Bellville Noord leerders, Caidun van der Walt en I-Aychia Davids, is as Mnr-en-mejuffrou Bellville-Noord 2022 aangewys tydens ‘n baie oulike modevertoning deur die graad 7’s. Darius de Goede en Zoë Koorts is aangewys in die tweede plek. Veels geluk julle.
Die graad 7’s het regtig baie oulike rommelklere geskep vir die vertoning en die res van die skool het dit terdeë geniet. Daar was selfs ‘n dansvertoning vir die leerlinge deur onderwysers tydens die kort onderbreking tussen die twee afdelings van die vertoning.

Die groep graad 7’s na afloop van die modevertoning.

Die vier wenners v.l.n.r.: Zoë Koorts (2de plek), I-Aychia Davids (Mej. Bellville-Noord), Caidun vd Walt (Mnr. Bellville-Noord) en Darius de Goede (2d plek).

I-Aychia Davids (Mej. Bellville-Noord) en Caidun vd Walt (Mnr. Bellville-Noord).









