Landloop prestasie vir Hoërskool Oos-Moot
ADVERTISEMENT
Chanel Groenewald (Gr8) is uitgenooi na die jaarlikse GNSSLL Prestige aangeleentheid by Hoërskool Zwartkop op 30 Augustus 2023. Sy het die jaar in haar ouderdomsgroep, o.14 deelgeneem. Sy eindig 10de in Gauteng-Noord Senior Skole Ligas en het ‘n Gauteng-Noord pin verower. Baie geluk Chanel. Hoërskool Oos-Moot is Trots op jou.










