Laerskool Worcester-Oos leerder het aan die CPL-Kriekettoernooi deelgeneem
ADVERTISEMENT
Petrus Neethling het aan die CPL-Kriekettoernooi vanaf 7 tot 14 Desember in die Kaap deelgeneem. Hy was vir die Cape Vikings o. 11-span gekies. Hulle het die finaal gehaal, maar ongelukkig kon hulle nie die mas opkom nie. Gelukkig was hulle toe as naaswenners gekroon!Petrus het 5 paaltjies in 7 wedstryde geneem teen ‘n tempo van 4,06 lopies per boulbeurt. Hy was ook aangewys as die beste bouler van die Cape Vikings-span! Wat ‘n wonderlike ondervinding! Laerskool Worcester- Oos is baie trots op jou, Petrus!










