Laerskool Wierdapark karateka gekies om aan die WUKF SA’s deel te neem
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Johan Welgemoed (Gr. 7) van Laerskool Wierdapark wat gekies is om aan die WUKF SA’s (World Union Karate-Do Federation) in Port Elizabeth deel te neem. Hy het op 7 Maart 2026 sy Gauteng-klere by WUKF Gauteng ontvang en sal die Gauteng-span verteenwoordig gedurende die tydperk van 29 April tot 4 Mei 2026. 









