Laerskool Welgemoed toneel kraai koning
ADVERTISEMENT
Laerskool Welgemoed se ACT-toneelgroep het weggeloop met die beker vir top laerskool produksie by die Fraserburg Logan toneelfees. Die ACT-toneelgroep bestaan uit leerders in Gr.6 en 7. Die produksie het ook vyf nominasies ontvang en die volgende individuele toekennings ontvang. Die produksie is onder leiding van Laerskool Welgemoed personeellede, Mev Liezl Wolstenholme en Mev Jani Greeff.
Van links agter: Timuonge Nyirena, Azelle Kotzè, Milan Kahts, Melissa du Toit, Lara Greeff, Ya’Gammu Sharuh, Annelize Jonck, McKenna Eitner, Pierre Oosthuizen Van links voor: Eben Schoeman, Matthew Wright en Roux Boshoff
- Zara Greeff: Beste Junior Aktrise
- Eben Schoeman: Beste Junior Akteur: 2 de plek
- Azelle Kotze: Nominasie vir beste junior aktrise
- Beste ensemble spel: 4de plek
- Beste nuutgeskrewe teks vir “Laerskool Welgemoed bied aan”: Jani Greeff 2de plek.
Die 47ste Fraserburg Logan Toneelfees is een van die grootste skole toneelfeeste in die land en 43 skole het hierdie jaar deelgeneem Laerskool Welgemoed pronk ook hierdie jaar vir die eerste keer met ‘n junior toneelgroep (Gr.4 en 5) Welgemoed se junior toneelgroep is onlangs as die wenner by die Aardklop Pronkfees in Brackenfell aangewys en sal die skool verteenwoordig in die finale rondte van die kompetisie in September in Potchefstroom. Die toneelgroep is onder leiding van Laerskool Welgemoed personeellid, Mev Tenske Stegmann.
Van links agter Heinrich Schrönen; Ane Ochse:; Annebel Lee; Hannah Symington; Tenske Stegmann; Katharina Kielblock; Jana Kühn; Hope Stuurman; Frans Booysen; Waldo Harbron Middel: Sybil Schneeberger; Brie Williams; Mia Borchardt; Lea Jonker Voor Nina Sahd; Nicola Wegener; Matthias van Zyl ( nie op foto)










