Laerskool Truida Kestell redenaar praat goud los
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Kai de Klerk, een van slegs 10 sprekers van die Podiumpret Redenaarskompetisie, wat gekies is om aan die Talent Africa redenaarskompetisie deel te neem. Die eerste rondte het deur die instuur van ‘n video geskied. Hy het daarna gekwalifiseer om aan die Stars of the Universe kompetisie deel te neem. By hierdie internasionale kompetisie het hy ‘n goue sertifikaat verwerf. Laerskool Truida Kestell is baie trots op hierdie Supertruidjie.

Kai de Klerk









