Laerskool Truida Kestell karateka presteer
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hanré van Laerskool Truida Kestell wat die naweek van 05 Februarie 2022 aan die Vrystaat Karate proewe in Bloemfontein deelgeneem het. Hierdie is ‘n streng kompetisie waar die keurders van Vrystaat Karate slegs die bestes uit ‘n groep kies om die Vrystaat te gaan verteenwoordig by verskeie KSA Nasionale kompetisie deur die loop van 2022.









