Laerskool Swartkop atlete kwalifiseer vir die Landloop SA Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Laerskool Swartkop is baie opgewonde en trots om die volgende Landloopnuus met ons Swarriegemeenskap te deel! Reinhart Bruwer, Gr.7, en sy boetie Joshua Bruwer, Gr.3, het gekwalifiseer vir die Landloop SA Kampioenskappe wat in Gqeberha plaasvind op 16 September.
Juf. Liandra en Juf. Suzet, baie dankie vir julle ure se insette en afrigting in hierdie seisoen om hierdie twee langasems tot by hierdie punt te bring.










