Laerskool Rustenburg strewe om veiligheid te verbeter by die skool deur waardevolle kursusse
ADVERTISEMENT
Laerskool Rustenburg is trots om aan te kondig dat ons toegewyde personeel onlangs ‘n brandbestryding- en noodhulpkursus (“Risiko-gebaseerde primêre noodsorg- /noodhulp-in-die werkplek-kursus”) suksesvol voltooi het. Die is ‘n waardevolle stap in ons strewe om veiligheid by die skool verder te verbeter. Veiligheid bly ons hoogste prioriteit, en hierdie inisiatief beklemtoon ons verbintenis tot die welstand van ons hele skoolgemeenskap. Ons wil graag ons opregte dank uitspreek aan Transvaal Training, wat hierdie uiters waardevolle kursus aangebied het. Julie Meyer het met groot kundigheid die noodhulpkomponent gefasiliteer, terwyl Joseph Molawa ons personeel met passie en deeglikheid opgelei het in brandbestryding. ‘n Spesiale woord van dank aan ons personeel wat die kursus met soveel entoesiasme bygewoon het. Julle toewyding aan die veiligheid van ons leerders, kollegas en die breër skoolgemeenskap is waarlik prysenswaardig. Laerskool Rustenburg groet julle in hierdie feestyd met ‘n hernude toewyding tot ‘n veilige en sorgsame omgewing vir almal. Mag die kennis en vaardighede wat tydens hierdie kursus opgedoen is, ons skoolgemeenskap verder versterk en tot voordeel van almal wees.
Dankie aan elkeen wat hierdie belangrike inisiatief moontlik gemaak het!











