Laerskool Rustenburg skaak nuus
ADVERTISEMENT
Die Super 12-skaak het op Saterdag, 7 Mei in Pretoria by Sol-Tech plaasgevind. Laerskool Rustenburg het teen 21 skole deelgeneem en wag nog vir die finale uitslae. In 2019 het ons senior span 18de gelê op die lys. Saterdag het hulle 11de in ronde 4 gelê en die 5de ronde gewen. Die juniors het ook pragtig gevaar. Uit ons reserwe afdeling het Vaugan Annandale 4 uit sy 5 spele gewen. Baie geluk. Die volgende leerders het ‘n bordprys gewen. Juniors: Johandrè Heyneke op bord 4. Seniors: Douglas Morkel op bord 3. Baie geluk aan hierdie leerders! Ons is baie trots op julle.
Douglas Morkel verower ‘n bordprys. Baie geluk.
Seniors: Agter links na regs: Wickus Briel, Erickè Prinsloo, Douglas Morkel, Rowan Grobler
Middel: Amelia du Preez, Mari J.v. Vuuren, Lourein J.v. Vuuren, Vivian Chaibva Voor: Chad Whatt, Jayden de Jager, Vaugan Annandale
Juniors: Agter van links na regs: Ethan Broodryk, Benjamin Britz, Ryan Wheeler, Johandrè Heyneke, Miquele Jonas
Voor: Rayden Wheeler, Katie-Lee Steenberg, Eckhardt Broodryk, Rere Moabi, Tlotli Moabi
By die Juniors verower Johandrè Heyneke ‘n bordprys by bord 4. Baie geluk.










