Laerskool Rustenburg boogskuts skitter tydens die AfriKiti Interskole
ADVERTISEMENT
Laerskool Rustenburg se boogskietspan het op Saterdag, 7 September, aan die AfriKiti Interskole boogskietkompetisie by ATKV Buffelspoort-oord deelgeneem. Ons Larries-skuts het buitengewoon goed gevaar en hul doelwitte oortref. Die span het die hoofprys ingepalm deur eerste plek te behaal met ‘n pragtige telling van 3228 uit 3600, wat ook die hoogste telling is vir die jaar. Hiermee is hulle aangewys as die AfriKiti Interskole kampioene van 2024!
Die Larries seunsskuts het 5 van die top 10 plekke verower, terwyl die dogterskuts 4 plek in die top 10 ingeneem het. Die volgende skuts het uitgeblink, Dean Venter het tweede geëindig onder die primêre-seunsskuts met ‘n telling van 280 uit 300, Anìeka Kemp het tweede geëindig onder die primêre-dogterskuts met ‘n telling van 276 uit 300 en Chene van Niekerk het derde geëindig onder die primêre-dogterskuts met ‘n telling van 271 uit 300. Ons is ongelooflik trots op elke lid van ons boogskietspanne wat Laerskool Rustenburg se naam so hoog hou met hierdie uitmuntende prestasie!
2 de Ry: Chene van Niekerk Karolus de Wet, Niel Schmidt, Anìeka Kemp. 1 ste Ry: Dean Venter, Joubert van Niekerk, Leane de la Roche, Isabella Roos, Reghard van Aswegen, Rihard Du Plessis. Afwesig: Dante de Bruin, Jayden de Jager.










