Laerskool Rooihuiskraal se atlete neem aan die Waterkloof Top 10 Atletiekbyeenkoms deel
ADVERTISEMENT
Laerskool Rooihuiskraal se atlete het onlangs die voorreg gehad om deel te neem aan die Waterkloof Top 10 Atletiekbyeenkoms, asook aan die Eldo Elite Aflosbyeenkoms op Pilditch. Ons atlete het geskitter en hul talente ten volle uitgeleef op die atletiekbaan. Twee van ons aflosspanne het ook gesorg vir nuwe rekords. Ons is besonder trots op elkeen van ons atlete én afrigters – ons doen dit Voluit!












