Laerskool Randhart gholf nuus
ADVERTISEMENT
Laerskool Randhart het uitstekend by die Ernie Els Kwalifiseringstoernooi gevaar en puik uitslae behaal. Laerskool Randhart het algeheel ’n indrukwekkende tweede plek verower.
Dis ’n besondere prestasie waarmee ons breëbors spog. Baie geluk aan elke gholfspeler wat met fokus, deursettingsvermoë en ware Rantie-gees presteer het.
Hiermee die individuele uitslae.
Lihan van Rooyen
- Gelykop 3de plek
CJ Pretorius
- 7de plek
Marnelle Moroney
- Gelykop 15de plek (beste dogter)
Jason Connoway
- Gelykop 19de plek
Hou aan mik vir grootsheid!










