Laerskool Park se atlete blink uit by NASHUA Atletiekbyenkoms
ADVERTISEMENT
Op 19 Februarie het die atlete van Laerskool Park met trots deelgeneem aan die NASHUA-Atletiekbyeenkoms by Laerskool Outeniqua,en hulle het ongelooflik goed gevaar. Die kinders het nie net hul fisiese vaardighede en spoed getoon nie, maar ook hul toewyding, spanwerk en sportmanskap. Van die jongste deelnemers tot die seniors het alles gegee om hul beste te lewer, wat gelei het tot indrukwekkende prestasies oor verskeie atletiek-items soos hardloop, spring en gooi. Hierdie deelname bied nie net ’n kans vir individuele prestasies nie, maar versterk ook die gemeenskapsgevoel en trots van Laerskool Park se sportspan. Die uitslae en ervarings van die dag sal ongetwyfeld ’n blywende inspirasie wees vir al die atlete en hul afrigters.
![]()
Die uitslae is as volg:
0.10’s:
- Elrie Britz – 3de plek in 800m en 3de Plek in Aflos
o.11’s:
- Marune van Zyl – 2de Plek in verspring
- Rebekka Grünewald – 3de Plek in Aflos
- Miané Sims – 1ste Plek in 800m
- Janko de Villiers – 3de plek in 80m
0.12’s:
- Ivanka Neuhoff – 3de Plek in Hoogspring
- Amieke de Jager – 3de Plek in Aflos
0.13’s:
- Mia Brönn – 2de Plek in 800m
- Miané Schutte:
- 1ste Plek in Gewigstoot
- 1ste plek in 75m Hekkies
- 1ste Plek in 100m
- 1ste Plek in 150m
- 3de Plek in Aflos










