Laerskool Overberg aanlyn skaaktoernooie prestasie
ADVERTISEMENT
Aangesien Overberg Skaakfederasie vanjaar besluit het om nie spanne na die Suid-Afrikaanse Jeugskaakkampioenskappe te neem nie, kon ons leerders by ander provinsies uitspeel. Samantha Brink van Laerskool Overberg het aanlyntoernooie gespeel en is in die Ekurhuleni(Wes-Gauteng) Provinsiale Skaakspan opgeneem. Die afgelope skoolvakansie het Samantha aan die Suid-Afrikaanse Junior Geslote Skaakkampioenskappe in Centurion deelgeneem en onder die Top 10 in haar ouderdomsgroep geëindig.












