Laerskool Tzaneen speel uitstekend in Super 12 skaak by Sol-Tech
ADVERTISEMENT
Die Super 12 skaakkompetisie het plaasgevind op Saterdag, 13 Mei in Pretoria by die Sol-Tech kampus. Die junior span is: Nathan Moeken, Bentley Malebati, Malebo Maphalle, Manav Manojkomar, Lehumo Kobe, Boithabiso Rabutla, Remofiloe Kobe, Lulama Mathebula, Kgotso Mokgoloboto, Muhluri Twala en Ansah Emillia. Die senior span was: Juno Mpiti, Basetsana Machaba, Tshego Mogale, Tshepi Mohale, Thalitha Shayawabaya, Stefanus Burger, Marius Vermeulen, Kagiso Molele, Reubean Mafa, Tshwanelo Racheku, Tia Elias, Tamia Shingange en Koketso Matshaka.
Die junior spelers het vyf wedstryde gespeel. Bentley het drie en ‘n half van sy wedstryde gewen en een verloor. Muhluri het ook drie wedstryde gewen en twee verloor. Lulama het drie en ‘n half wedstryde gewen en een verloor. Die senior spelers speel ook vyf wedstryde. Tshego en Tshepi Mohale wen al vyf hul wedstryde. Thalita het drie gewen en twee verloor.

Junior span – vlnr – Nathan Moeken, Malebo Maphalle, Manau Manojkomar, Boithabiso Rabutla, Lulama Mathebula, Kgotso Mokgoloboto

Senior span – vlnr – Tshego Mogale, Basetsana Machaba, Reubean Mafa, Junior Mpiti, Kagiso Molele, Tshepi Mogale, Thalitha Shayawabaya, Tamia Shingange, Marius Vermeulen, Stafanus Burger, Koketso Matshaka, Tshwanelo Racheku, Tia Elias









