Laerskool Kathu vaar puik by die JTG-skaak toernooi
ADVERTISEMENT
Laerskool Kathu het op Saterdag 1 Maart 16 spelers na ’n JTG-skaak toernooi geneem en hulle het baie goed gevaar Dit was ’n nuwe uitdaging vir die spelers en hulle was maar skrikkerig in die eerste rondte, maar daarna het hulle laat waai.
As die punte vergelyk word met die vriendskaplike toernooi waaraan hulle deelgeneem het, het almal wat deelgeneem het se punte verbeter. Al moes hulle speel teen gemengde geslagte en ’n groter ouderdomsgaping. By die vriendskaplike toernooie speel hulle net teen dieselfde geslag en ouderdom. Johanco Kühn het die medalje ontvang vir die derde plek in die C-afdeling. Welgedaan, Johanco!
Sestien skaakspelers van Laerskool Kathu het hul baie goed van hul taak gekwyt by die onlangse JTG-toernooi.










