Laerskool Orion atlete kwalifiseer vir die SA Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Orion se atlete wat gekwalifiseer het vir die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe – ’n ongelooflike prestasie!
- Mila Scholtz – 1200m
- MartMari Rautenbach – Verspring & 75m Hekkies
- Minke Scholtz – 1500m
Om op hierdie vlak deel te neem is reeds ’n reuse prestasie, en julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding werp nou vrugte af. Julle verteenwoordig nie net julself nie, maar ook ons hele Orie-gemeenskap met trots! Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle en staan bankvas agter julle. Baie sterkte vir die kampioenskappe – gee alles en geniet elke oomblik!
Hier by die Ories is ons trots!










